Fichardtpark Hoërskool se 1ste rugbyspan het Hangklip Hoërskool se rugby toernooi in Queenstown bygewoon wat vanaf 5 tot 8 Julie plaas gevind het.
Op 6 Julie speel Fichies teen HTS Port Rex van Oos London en wen 17-5.
Na ‘n effens verroeste eerste helfde waar Fichies 3-5 agter geloop het, het die span tot ‘n hoër rat oorgeskakel in die tweede helfde danksy prag drieë deur Pieter Ludwick en die dubutant Gustie Fouché. Vlank en kaptein DJ Oosthuizen is bekroon as man van die wedstryd.
Op 7 Julie speel hulle teen Virginia Akademie van Welkom en wen 20-19.
Die Virginia Akademie span het bestaan uit ‘n kombinasie van Hoërskool Hentie Cilliers en Harmony Sport Skool wat heelwat Cravenweek spelers ingesluit het. Die Fichie spelers moes hulself lig na ‘n nuwe hoogte en die spel is teen ‘n baie hoë tempo gespeel. Begeesterde verdediging en drieë deur Pieter Ludwick en Dimitri van der Walt het ons in die wedstryd gehou. Uiteindelik is die wedstryd beklink deur die skopskoen van die vlank Eduan Wessels wat met net een poging in drie wedstryde misluk het. Hy is ook as speler van die wedstryd aangewys. Die bloed en sweet het behoorlik gevloei in hierdie wedstryd, maar was uiteindelik die moeite werd en verseker Fichies se beste wedstryd tot dusver hierdie jaar.
8 Julie speel hulle teen Hoërskool Despatch in die Oos Kaap en wen 13-12.
Hoërskool Despatch se span bevat ‘n paar OP provinsiale spelers en het op die eerste dag met Bloemfontein se A1-liga voorloopers afgereken. Die span het goed begin met ‘n spog drie deur die hakker Marnus Myburgh, maar is na 10 minute tot 14 man beperk deur ‘n rooi kaart. Dit het egter die span inspireer om soos tirane te verdedig selfs wanneer die opposisie reeds oor die doellyn is. Goeie taktiese skopwerk deur die losskakel en speler van die wedstryd, LC Oosthuizen en akkurate stelskop werk deur Eduan Wessels het uiteindelik die wedstryd beklink. Dié spelers verdien lof vir hul diterminasie om 3 wedstryde in 3 dae op so ‘n hoë noot af te sluit.
Hoërskool Fichardtpark se rugby is verseker oppad na nuwe hoogtes met reeds 8 oorwinnigs vir die jaar.
categories: Rugby



