Bloemfontein Skole Nuus

Posted by admin ADD COMMENTS

Tanya Britz is huidiglik ‘n gr 11-leerder aan Hoër-skool Sentraal. Sy het haar hokkieloopbaan in gr 1 by Willem Posma begin. Op laerskool het sy nooit provinsiale hokkie gespeel nie maar vanaf gr 7 het sy ekstra hokkie afrigting by Elsie Coetzer se hokkieskool ontvang. In gr 9 het sy vir die eerste keer vir Sentraal se eerste hokkiespan uitgedraf. Tydens haar o/16-jare is sy gekies vir die Suid-Vrystaat en Vrystaatspan en tydens die o/16 IPT (2009) is sy deur die keurders geidentifiseer as ‘n speler met potensiaal. 2010 is egter sover ‘n jaar van groot mylpale vir haar. Eerstens is sy gekies vir die Vrystaat o/21-span en het sy in April aan ‘n toernooi in Durban deelgeneem waar Vrystaat eerste op die podium was. Tydens die o/21-IPT in Pietermaritzburg was sy deel van die Vrystaatspan wat 5de geeindig het. Tanya is ook gekies vir die Suid-Vrystaat o/18A-span wat die afgelope vakansie in Potchefstroom aan die IPT deelgeneem het waar Suid-Vrystaat 5de geeindig het. Tanya is ook gekies vir die Vrystaat Senior Vrouehokkiespan wat vanaf 19 – 25 Julie aan die IPT in Oos-Londen gaan deelneem. Haar leuse is dat as jy jou hokkie geniet en hard werk jy tot groot dinge in staat sal wees deur die krag van die Hemelse Vader.

categories: Hockey

Leave a Reply