Bloemfontein Skole Nuus

Posted by admin ADD COMMENTS

Wie ook al gedink het vakansies is daar om te rus, ken duidelik nie vir Driaan van der Merwe nie… maar wie kan hom blameer? As rugby jou passie is, is dit harde werk van vroeg tot laat! Moenie bekommerd wees nie, die swoeg en sweet het dubbel en dwars afbetaal! Driaan van der Merwe is tydens die vakansie se VKB-week as beste flank van die toernooi aangewys en is in die Suid-Afrikaanse Plattelandspan ingesluit. Die rugbyspan toer die Septembervakansie na ArgentiniĆ« en Driaan is ongelooflik opgewonde! Baie sterkte ook Sannies se rugby wat nog hulle vernuf in die liga moet wys! Ons staan vierkantig agter julle…
Deur Jomari de Beer Gr. 12

categories: Rugby

Leave a Reply