Sentraal wen Hoërskool Vootrekker 33-20
Dit was ‘n gesamentlike poging van die hele span om ‘n goeie telling op te sit.
Sentraal wen Afrikaans Hoër Kroonstad 25-17
Het nie ‘n goeie begin gehad nie, maar het wel daarin geslaag om dit goed af te sluit.
Sentraal wen Welkom 35-30
Die laaste wedstryd was die hoogtepunt van die toernooi. Sheherezide Duimpies het uitsonderlike spel gelewer om ten volle haar titel as ‘n SA-speler uit te beeld. Slegs 3 minute voor die eindfluitjie geblaas het, was Sentraal met 2 doele agter. Dit was te danke aan die uitsonderlike verdediging van Bernadette Visser (HV), Jana Stofberg (V) en Cara Potgieter (VV) wat daarin geslaag het om verskeie van Welkom Gimnasium se afgooie te draai. Onder geweldige hoë druk het Kifiloe Tsotetsi (D) elke doel gesink en kon Sentraal oorweldig word deur die vreugde van ‘n oorwinning.
Dit is die vierde jaar in ‘n ry wat Hoërskool Sentraal die Direkteurs-trofee wen.
Die span is: Bernadette Visser (k), Sheherezide Duimpies (o/k), Bianca Prinsloo, Andricke Smith, Kifiloe Tsotetsi, Jana Stofberg, Donika Butler, Cara Potgieter, Elsjé Oosthuizen, Poedels du Plessis (Afrigter), Annelize Strauss (Biokinetikus)



